Tuis

Welkom by die Jonker Digitale Argief

8 Januarie 2016:
Die gedagte om ’n digitale argief daar te stel het sedert die jaar 2000 begin posvat. In 2011 het die weduwee van prof. Willie, mev. Bettie Jonker, die hele argief van haar oorlede man – uitgesonderd sommige van die persoonlike korrespondensie beskikbaar gestel. Talle ander pennevrugte is in tydskrifte, koerante, argiewe, ens. – hier en in die buiteland – opgespoor. In die proses is ’n magdom van prof Jonker se gepubliseerde en ongepubliseerde werk versamel – waarvan sommige geheel en al onbekend is in Suid-Afrika. Tans is daar reeds 1 317 items geplaas.
Die nodige toestemming (soos toestemming van die kopiereghouers, ens.) is ontvang om hierdie skat van teologiese nadenke aanlyn beskikbaar te stel vir die publiek. Die webwerf is deel van die Kerkargief van die NG Kerk in SA se webblad en word deur die Kerkargief ontwikkel. Daar word gereeld nuwe items bygevoeg. Die diens is heeltemal gratis.
Hierdie webblad is op inisiatief van dr Gert Duursema begin.  Hy is ’n oudstudent van prof Willie Jonker wat vroeg reeds begin het om Jonker se werk te versamel. Die digitalisering is met ’n klein hand-skandeerder gedoen en in die proses moes alles geproeflees word.Bydraes vir die verdere ontwikkeling sal hoog op prys gestel word en kan aan my gestuur word by duursema@lantic.net.

  • Daar is egter steeds foute wat misgekyk is. Indien u so iets opmerk sal die aanmelding daarvan hoog op prys gestel word.
  • Indien u oor enige materiaal uit Jonker se pen, klankopnames, lesings, ensovoorts beskik wat nie op die webwerf is nie, sal dit ook baie hoog op prys gestel word indien u dit aan ons beskikbaar stel.

Klik hier vir die die NG Kerk in SA se kontakbesonderhede.